Ronald Reagan

Ronald Wilson Reagan
40ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 1981 - 20 Januarie 1989
Voorganger Jimmy Carter
Opvolger George H.W. Bush
Geboortedatum 6 Februarie 1911
Geboorteplek Tampico, Illinois
Sterftedatum 5 Junie 2004 (op 93)
Sterfteplek Los Angeles, Kalifornië
Eerste Dame Nancy Reagan
Politieke party Republikein
Visepresident George H.W. Bush
Handtekening
Wapen van Ronald Reagan
Margaret Thatcher en Reagan in 1986 in Camp David

Ronald Wilson Reagan (6 Februarie 19115 Junie 2004) was die 40ste President van die Verenigde State van Amerika (1981–1989) en die 33ste Goewerneur van Kalifornië (1967–1975). Reagan is in Illinois gebore, waar hy grootgeword het voor hy in die 1930's na Kalifornië verhuis het. Daar het hy 'n akteur geword asook die president van die Screen Actors Guild en ook 'n woordvoerder van die Amerikaanse maatskappy, General Electric. Alhoewel hy aanvanklik die Demokratiese Party ondersteun het, het hy in 1962 'n lid van die Republikeinse Party geword. Ná sy bekende toespraak, "A Time for Choosing", was hy oorreed om deel te neem as 'n kandidaat vir die verkiesingveldtog vir Goewerneur van Kalifornië: 'n posisie wat hy in 1966 vir die eerste keer beklee het. Na hy twee termyne as goewerneur gedien het, het hy twee keer as kandidaat vir die President van die Verenigde State gestaan. Die eerste keer, in 1976, was hy onsuksesvol, maar hy het die verkiesing van 1980 gewen en is ingehuldig as president.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search